HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Silwer medalje vir stoeier van Mookgophong


   20 April 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 89   l   31 days ago  

 

Hanru Botha van Mookgophong het tydens die afgelope Statebondspele in Australië die silwer medalje vir stoei ontvang.


Hanru Botha (28), ’n stoeier en stoeiafrigter van Mookgophong, het vir groot opwinding gesorg toe hy by die afgelope Statebondspele, in Queensland, Australië, ’n silwer medalje vir stoei in die 74 kg-kategorie verwerf het.

Botha het as driejarige begin stoei. Hy het aan Die Pos gesê sy pa, Rudi Botha, het hom toe reeds begin afrig. “My pa het gekies dat ek moet stoei, maar ek is nie spyt nie. Stoei het my geleer om aan te hou wanneer ander moed opgee,” het Botha gesê. 

Volgens hom leer stoei ’n mens om ander te respekteer en om nederig te wees — of jy wen of verloor. “Jy kan nooit dink dat jy die beste is nie, want daar is altyd iemand wat beter as jy kan wees,” het hy aan Die Pos gesê.

Om ’n kampioenstoeier te wees, is nie speletjies nie. Botha oefen gemiddeld vier tot vyf uur per dag. Sy rolmodel is die oud-Springbokstoeier Bennie Labuschagne, wie se sportetiek hy bewonder, asook die feit dat hy altyd ander mense en teenstanders respekteer. 

Botha sê hy koester die tye toe hy jonger was en in die Kaap en KwaZulu-Natal deelgeneem het, asook die oorsese reise. 

Hy dink ook met nostalgie terug aan die gewigsverlies om in ’n sekere gewigsklas te kan deelneem!

Botha het gesê hy droom daarvan om aan die Olimpiese Spele deel te neem, maar dat dit moeilik is vir Suid-Afrikaners om te kwa-lifiseer omdat hulle slegs tydens wêreldkam-pioenskappe of by kwalifiserende byeen-komste kan kwalifiseer. 

“Dit is baie duur, want ons betaal self om te vlieg en aan die byeenkomste deel te neem,” het hy gesê.

“My en my pa se harde werk oor jare — van vroegoggende, winter koue en somer hitte — is beloon met hierdie silwer medalje,” het hy aan Die Pos gesê.

Botha wil graag vir Sushil Kumar van Indië, wat die goue medalje verower het, klop. Sy raad aan jong atlete is om te oefen en nogmaals te oefen. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories