HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Bela-Bela se skuts mik vir kolskote


   20 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 106   l   31 days ago  

 

Heelwat skuts het verlede naweek buite Bela-Bela bymekaar gekom om hul boogskietvaar-dighede op die proef te stel. Op die foto is van die skuts besig om die kolskote tydens een van die rondes te bekyk.


Boogskuts het op Saterdag 7 April by die Koro-Koro Safari Lodge buite Bela-Bela aan die 2018 3Di Limpopo kampioenskap deelgeneem. 

Dié 3Di-geleentheid is by die interna-sionale boogjagvereniging geaffilieer.

Saterdag se geleentheid was vir die skuts om na die volgende ronde te kan vorder. Altesame 25 individuele rondes met twee spanrondes is op dié dag gehou.

Die beste vroueboogjagter van die dag was Miya Mestdagh, wat ’n telling van 149 behaal het. 

Die ander top vroueskuts was Kayla van Zyl met ’n puntetelling van 162 (vroue-afdeling), Jean Mari Mostert met 198 punte (jeug), Lourinda Wienekus met 176 punte (vrouejagtersafdeling), Jenny de Witt met 194 punte (vrouemeestersafdeling met hulp), Annemarie Young met 156 punte (senior vroue), Colet Pretorius met 180 punte (vroue- jagters gevorderde-afdeling), Elize Schoeman met 183 punte (vroueafdeling met hulp), Marjone Mulholland met 200 punte (vroue boog vrylating) en Beneche Jackson met 173 punte (vroue ope-afdeling).

By die mans was Bernard Badenhorst die beste in die mansafdeling met 183 punte. Ander wat uitgestaan het was Lourens My-burgh met 192 punte (mansjeugafdeling), Erick van Jaarsveld met 106 punte (tradisionele boogskiet), Niel Daniel met 195 punte (jagtersklas), Peet van Emmenis met 172 punte (senior mans), Richard Pretorius met 202 punte (mans gevorderde afdeling), Vick Venter met 182 punte (mansboogjagter beperk), Jaco Quintin du Preez met 195 punte (mans senior klas), Engee Potgieter met 193 punte (gevorderde afdeling), Stephan Coetzee met 200 punte (ope-afdeling met hulp), Gunter van Zyl met 203 punte (mans ekstreme afdeling), Morné Gerber met 195 punte (gevorderde jagtersafdeling), Gert Saaiman met 170 punte (mans boog vry-lating) en Tian de Witt met 189 punte (mans ope afdeling). 

Die top spanne van die dag was Team Gunter (geassisteerde skiet) met ’n telling van 595. 

Die span van Kill Shot Archery wat geen hulp tydens hul skietbeurt gehad het nie, was die ander wenners met ’n telling van 573. 

Pierre van Wyk, organiseerder, het gesê hierdie kompetisies word in al die provinsies aangebied, met ’n 3 Triple crown-kompetisie wat later vanjaar sal plaasvind.

Die wêreldkampioenskap vind in Augustus plaas en die nasionale kampioenskap in November, het hy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories