HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Gene die oorsaak vir meer mannetjies


   14 July 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 300   l   40 days ago  

 

Dit is weens ’n genetiese ongelykheid dat daar meer mannetjie- as wyfiegemmerkatte is. Foto: Petcha.com


Gemmerkatte is nie moeilik om te vind nie, maar wat vir katliefhebbers wel uitdagend is, is om gemmerwyfies te kry. 

Die Pos het ook kop gekrap toe ons uitvind van hierdie rare, maar interessante ontdekking en het die antwoord gaan naslaan. 

Gemmerkatte is nie ’n soort kat nie, maar slegs die kleur van die kat se pels. In die meeste gevalle is gemmerkleurige katte huishoudelike kort- of langhaarkatte en kan net as gemmerkleurig geklassifiseer word as gemmer of oranje hul primêre kleur is. 

Gene is die rede waarom daar meer gemmermannetjies as wyfies is. Die sogenaamde “gemmer geen” word op die kat se x-chromosome gevind. Die wyfies het twee x-chromosome, terwyl mannetjies net een het, soos in die geval van mense en het dus twee kopieë van hierdie geen nodig om gemmerkleurige nageslagte te ontwikkel.

Dus beteken dit dat daar gewoonlik drie gemmerkleurige mannetjies teenoor een wyfie in ’n werpsel is. Indien die wyfie- en mannetjiekat gemmerkleurig is, sal die hele werpsel dus ook gemmerkatte wees. — Bronne: paws-and effect.com, qoura.com en theguardian.com

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories