HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Vrou vra hulp met honderde katte


   21 July 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 126   l   33 days ago  

 

Gerda du Plessis wat op ’n hoewe buite Bela-Bela woon, kort dringend hulp met die ongeveer 100 katte waarna sy omsien.


’n Enkellopende vrou wat op die Roodepoort-hoewes buite Bela-Bela woon sê sy is onder verskriklike druk om ongeveer 100 katte by haar huis te versorg.

Die Pos het in 2014 berig Gerda du Plessis sien goedhartig om na weggooikatte — ’n daad wat sy reeds vir byna 14 jaar alleen aanpak.  

Du Plessis het gesê weens die groot finansiële onkoste het sy dringend hulp nodig om vir die katte te sorg. 

“Ek werk as ’n verkoopsagent by ’n plaaslike hardewarewinkel en al woon ek alleen, raak dit baie duur om vir die katte sorg.”

Sy het intussen ook ’n borgskap van ’n organisasie in Pretoria wat ook na katte omsien, verloor.

“Hierdie organisasie het my drie jaar gelede gehelp, maar het weens interne redes nie meer kans gesien om te help nie.”  

Volgens Du Plessis word alle katte wat na haar toe gebring word, gesteriliseer en in groot kampe aangehou.

“Die groot hoeveelheid katte wat ek aanhou, is mense van die gemeenskap se katte wat hulle nie meer kan aanhou nie. Ek glo nie daaraan om diere net weg te gooi nie en daarom vra ek asseblief dat iemand my help.” Sy het gesê die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het hulp aangebied, maar sy het uit vrees dat hulle nie huise vir die katte kry nie en dan die diere uitsit, die aanbod van die hand gewys.

Sy het vertel sy verlang nie nood-wendig geldelike hulp nie, maar vrywilliges wat kan help om haar kampe skoon te hou, sal al klaar van groot hulp wees.

“Ek bly alleen en kry nie altyd tyd om by alles uit te kom nie. Die kampe is ’n groot probleem en ek vra net vir hulp om dit skoon te hou,” het sy gesê. 

Sy het verder gesê die katte is gewoond aan mense en die publiek is welkom om ’n kat aan te neem en na ’n goeie huis te neem.

Belangstellendes en diegene wat kan help, kan haar bel by tel. 062 547 4730.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories