HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Organisasie wil help met katte


   04 August 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 98   l   4 months ago  

 


Gerda du Plessis, die vrou wat meer as 100 katte alleen versorg, se pleidooi is verhoor nadat ’n plaaslike organisasie hulp aangebied het.

Du Plessis, wat op die Roodepoort-hoewes buite Bela-Bela woon, het aan Die Pos vertel dat sy vroualleen en sonder hulp hierdie taak verrig. Die versorging van die katte het egter nou te veel vir haar geword.

“Ek is ’n verkoopsagent by ’n plaaslike hardewarewinkel en al woon ek alleen, raak dit baie duur om vir die katte te sorg. Die groot hoeveelheid katte wat ek aanhou, is mense van die ge-meenskap se katte wat hulle nie meer kan versorg nie. Ek glo nie daaraan om diere net weg te gooi nie,” het Du Plessis vroeër aan Die Pos gesê.

Etienne Kuhn van die Limpopo Crime Intervention Unit, het gesê die organisasie het met ’n veldtog begin om Du Plessis te help.

“Ek het van Du Plessis se vrywilligheid om hierdie katte te versorg gelees en het simpatie vir dit wat sy alleen aanpak. 

Daarom het ons besluit om van ons kant af ’n veldtog, genaamd “Project Feline” te begin,” het Kuhn gesê.

Volgens hom beplan die organisasie om Du Plessis te help met kos, asook die herstel en instandhouding van die katte se kampe.

“Die hokke is baie gehawend en sy benodig beslis hulp. Ons vra asseblief dat die gemeenskap ons ook sal help omdat ons net ’n handjievol mense is en vrywillige hulp van enigiemand sal waardeer word,” het Kuhn gesê.   

Du Plessis het by navraag gesê sy is baie dankbaar vir die hulp wat verleen word en sy hoop dat daar nog hulp vanuit die gemeenskap sal kom.

Diegene wat belang stel om te help, kan vir Kuhn bel by tel. 079 173 2421.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories