HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

'Pet Drive' gee om


   13 October 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 400   l   40 days ago  

 

In die middel met die oranje T-hemp staan Somarie Terblanche van die Kranskop-dierekliniek op Modimolle wat ook deur die organisasie besoek is. 


Die span van Pet Drive, ’n groep vrywilligers wat kos  vir troeteldiere insamel, het op Modimolle ’n draai gemaak nadat hulle 5,5 ton en R130 000 vir Wollies Animal Project in Pretoria en HALO Hoedspruit ingesamel het deur donasies en skenkings.

Dit is die vierde jaar dat die organisasie verskeie diereskuilings regoor die land help. Hulle beywer hulle ook daarvoor dat diere gesteriliseer moet word. Die groep het vanjaar van Johannesburg af Nelspruit toe vertrek, waar hulle oral by dorpe aangedoen het om kos wat geskenk is, op te laai.

Die donasies is tussen die twee diereskuilings wat vooraf gekies is, gedeel. Pet Drive is steeds besig om insamelings te doen en belangstellendes kan hul Facebook-blad Pet Drive besoek.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories