HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Ken vaalboskatte só uit


   10 November 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 880   l   2 months ago  

 

Vaalboskatte lyk soos normale huiskatte, maar het egter baie spesifieke kenmerke. Foto: etoshanamibia.info


Opregte vaalboskatte raak al hoe skaarser weens verbastering met gewone huiskatte. 

Só sê Twanet van der Linde, van die Jedtwa Wildlife Centre op Bela-Bela. Volgens haar word dié unieke wildspesie as ’n doodgewone huiskat beskou, maar daar is karaktereienskappe wat die katspesie uniek maak.

“Die maklikste manier om die meeste vaalbos-katte uit te ken is met die kenmerkende M-patroon op die kat se voorkop. Hulle lyk ook baie soos korthaar “Tabby”-katte wat ’n rooierige velkleur aan die agterkant van die ore het,” het sy vertel.

Sy het verder verduidelik dat hulle effens groter en swaarder as normale huiskatte is.

Wanneer dit by die troeteldieraspek van hierdie katspesie kom, het Van der Linde vertel dat hulle verkieslik nie hand grootgemaak word nie. “Dit is steeds ’n wilde dier. Hulle is baie skaam en paniekerig by vreemdelinge en moet dus eerder as wilde diere beskou word,” het sy gesê.

Van der Linde het bygevoeg dat diegene wat wonder of hul kat dalk van ’n vaalbos-kat afstam, die kat se gene by die meeste veeartse kan laat toets.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories