HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hou hamsters fiks en gesond


   01 December 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 776   l   5 months ago  

 


Dit is uiters belangrik om hamsters gesond en fiks te hou.

Die eerste ding wat hamstereienaars koop wanneer hulle besluit om ’n hamster aan te hou, is ’n oefenwiel of klein tonnels waarin die hamster kan speel.

Volgens Lloyd Schoeman van die Rocking Horse-kwekery en diereplaas buite Bela-Bela kom wilde hamsters snags uit hul ondergrondse gate en loop hulle vir etlike kilometers op soek na kos.

“’n Oefenwiel sal as plaasvervanger dien vir wanneer die hamster snags aktief wil wees. Moderne, toegemaakte wiele is die beste keuse omdat ’n hamster moontlik uit ’n oop wiel kan gly,” het Schoeman gesê.

Hy het verder gesê daar moet seker gemaak word dat die oefeningswiel stewig geanker is en nie op die hamster kan val nie. “Olie die wiel nou en dan vir oefeningsgemak, maar hou dit snags weg van slapende kinders sodat dit hulle nie steur nie,” het Schoeman gesê.

Hy het vertel dat dragtige hamsters die wiel die meeste gebruik om hul sterk genoeg te maak om geboorte te gee.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories