HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hou diere koel op warm dae


   19 January 2018   l   Justin Steyn    l   Views: 119   l   4 months ago  

 


Met die somer wat nog lank nie verby is nie en temperature wat tot 40°C styg, kry troeteldiere net so warm.

Ettienne Kuhn, ’n plaaslike diere-aktivis en lid van die Limpopo Crime Prevention Unit, wat ook hulp verleen met verskeie dierekrisisse, het ’n paar wenke gegee om troeteldiere koel te hou.

Kuhn het gesê mense is geneig om water aan honde en katte te voorsien, maar vergeet dikwels dat as dit nie in die koelte gehou word nie, dit te warm word om te drink of selfs heeltemal kan verdamp.

“Dit help nie om water net in ’n bak te sit en dan te verwag dit sal heeldag koud bly nie. Die meeste van ons gebruik staal- of plastiekbakke wat die water vinniger laat verdamp. ’n Hond of kat sal soms weier om uit hierdie waterbak te drink omdat dit warm geword het. Plaas die bak eerder onder ’n afdak om dit langer koel te hou.”

Diere soos marmotte en hase moet in kamers gehou word wat nie bedompig is nie en van vars water voorsien word.

Spinnekoppe en reptiele se glaskaste waarin hulle aangehou word, moet volgens Kuhn met water gesproei word. 

“Reptiele soos baarddrake kan met lou water gewas word om hulle af te koel. Onthou spinnekoppe en reptiele het nie sommer ’n probleem met bedompigheid nie, maar hulle moet noukeurig dopgehou word en hul hokke moet so nou en dan natgesproei word,” het Kuhn gesê.

Hy het ook vertel dat reptiele en spinnekoppe geneig is om in oorvol waterbakke te val en dan te verdrink. Kuhn het mense aangeraai om ’n klip of balletjie in die middel van die waterbak te plaas. “Dit sal die dier help om uit die water te klim indien nodig en verdrinking voorkom.”

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories