HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hardloop, bokkie, hardloop!


   23 February 2018   l   Justin Steyn    l   Views: 296   l   2 months ago  

 

“Bokkiehonde” hardloop in baie huishoudings in die Waterberg rond. Foto: SmallDogbreeds.com

 


Baie van Die Pos se lesers is trotse eienaars van die baie gewilde Dobermann pinscher oftewel “bokkiehond”.

Hierdie energieke skoothonde kan veral in voorstedelike omgewings aangetref word waar hulle energiek in tuine rondhardloop.

Die Pos het by Twanet van der Linde, ’n hondeopleier in Bela-Bela, gaan aanklop om meer oor hierdie ras uit te vind. 

“Dié hondjies is wel klein, maar hulle het groot persoonlikhede. Hulle is die soort hondjies wat selfs groot honde op hul plek sal sit aangesien bokkiehonde wil wys wie baas van die plaas is,” het sy gesê.

Van der Linde het gesê die honde is oorspronklik spesiaal in Duitsland geteel om knaagdiere te vang.

Sy het vertel dat dié honde baie lief is vir somerweer en graag buite speel. 

“Bokkiehonde is een van die klein hondjies wat die vinnigste ’n plek kry om by die erf uit te kom. Sorg daarom dat die tuin goed omhein is, want sodra iets van buite af hul aandag trek, ontsnap hulle vin-nig.”

Volgens haar kan bokkiehonde maklik onderhou word.

“Hulle pels is baie maklik om te versorg en gesondheids-gewys is hulle sterk en word nie sommer gou siek nie. Die een groot probleem is egter dat hulle baie vinnig gewig optel en daarom moet eienaars sorg dat hulle ’n streng dieet volg om gewigs-, hart- en veral heup-probleme te voor-kom,” het sy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories